Full House Oudtshoorn Wen Groot!
Vele Dank aan ons Bakgat Ondersteuners
Wat ’n ongelooflike voorreg om aangewys te word as Beste Meubelwinkel in die 2025 Best of Oudtshoorn Readers’ Choice Awards! Ons harte is vol dankbaarheid en ons wil net een ding sê: BAIE DANKIE, Oudtshoorn!
Sedert ons in Desember 2024 ons deure oopgemaak het by 68 High Street, het ons geweet: Ons gaan alles gee. Ons wou ’n verskil maak. Maar wat ons gekry het, was méér warmte, ondersteuning, en ’n gemeenskap wat ons dadelik aanvaar het.
Hierdie toekenning beteken vir ons baie meer as net ’n prys. Dit wys vir ons dat ons winkel, ons span en ons manier van doen regtig aanklank gevind het.
Talita en haar span sê opreg dankie aan elke klant wat by ons gekoop het, gestem het, of sommer net ingeloer het. Julle maak elke dag spesiaal. Julle wys vir ons dat goeie diens, eerlike pryse en opregte ondersteuning steeds saak maak.
Ons is trots om vir elke huis in Oudtshoorn iets te bied, van ‘n komputer tot ‘n kooi, en alles tussenin. Of jy nou op soek is na ’n yskas, ’n stel stoele of ’n TV, ons het dit. En ons soek altyd die beste waarde – mooi én prakties.
Wat ons regtig laat uitstaan? Ons kredietaankope. Ons glo elke huis verdien ’n gemaklike, mooi leefruimte. Daarom hou ons finansiering eenvoudig en toeganklik, geen onnodige papierwerk of lang wagtye nie. So maak ons dit vir meer mense moontlik om hul droomhuis te bou.
Vele dank aan ons Bakgat Ondersteuners! En as jy nog nie van ons lojaliteitsprogram gehoor het nie, luister mooi: Jy verdien punte elke keer wat jy koop, plus ekstra punte as jy betyds betaal. Jy kry 2% terug op aankope, en 5% as jy iemand NUUTS verwys wat ook koop. Gebruik jou punte om jou rekening te betaal, iets nuuts te koop, of selfs vir lugtyd en elektrisiteit. Dis ons manier om dankie te sê.
Nog nie by Full House Oudtshoorn uitgekom nie? Dis tyd! Kom kyk self hoekom ons hierdie toekenning gewen het. Ons winkel is vir julle en ons span is altyd reg om te help met raad, diens en ’n glimlag.
Hierdie wen is nie net ons s’n nie. Dis Oudtshoorn s’n. Dit wys wat moontlik is as mense saamwerk, omgee, en in mekaar glo.
Van Talita en haar span aan elke lojale kliënt: Hierdie trofee behoort aan julle. Dankie vir julle stemme, julle lojaliteit en die voorreg om deel van hierdie dorp te wees.
Ons staan by jou deur dik en dun en sien uit na nog baie jare van groei, diens en spanwerk. Kom kyk hoekom Oudtshoorn gesê het: “Full House is die beste!”